Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 25 VAN 28

Wat kan jou vernietig?



In Markus 4 praat Jesus van die struikelblokke wat 'n boer in die gesig staar wanneer hy sy oes plant. Soms sal die saad begin groei en gesond lyk, maar dan groei die onkruid saam met die saad en maak die oes dood.



Daar was niks verkeerd met die saad wat die boer geplant het nie. Dit was gesond, stewig en sterk, maar het steeds 'n probleem ondervind. Soos die saad, gaan ons ook onkruid teëkom wat ons lewens onvrugbaar gaan maak: bekommernis, gierigheid en afguns. Jesus waarsku die skare dat sommige Sy boodskap gaan hoor en glo, maar die sorge van hierdie lewe, die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge sal inkom en die boodskap verdring (Markus 4:19).



Wanneer hierdie drie areas die pad wat ons met God loop en ons geloof in Hom affekteer, sal hulle God se woorde verdring en dit onvrugbaar in ons lewens maak. Terwyl ons besig gehou word met bekommernis, rykdom en wat ander mense het, mis ons die ware betekenis van die lewe. Rykdom is 'n hulpmiddel om aan ons behoeftes te voldoen en om ander te help. Wanneer ons dit vir hierdie doel gebruik, sal ons 'n groot oes van wonderwerke in ons lewens sien.



Dink Hieroor:

1. Waar kry jy finansiële advies? Watter rol speel die Bybel in jou finansiële besluite?

2. Onthou jy die swakste finansiële besluit wat jy al geneem het? Wat het daardie besluit beïnvloed?

3. Hoe kan jy jouself teen onkruid soos bekommernis, gierigheid en afguns beskerm?



Bid:

Jesus, vergewe my dat ek toelaat dat bekommernis, gierigheid en afguns my finansiële besluite beïnvloed. U het 'n plan vir elke area van my lewe, insluitend my geld, en U plan is altyd die beste! Help my om U daagliks meer en meer te volg.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid