Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 27 VAN 28

Werk met 'n doel.



Ons almal het werk om te doen. Alles wat ons doen - van die manier hoe ons werk tot die manier hoe ons praat - is 'n aksie van aanbidding tot God.



Een van die redes hoekom ons werk, is om geluk in God te vind (Prediker 3:22). Wanneer ons energie gebruik om 'n taak te voltooi, is daar vreugde om iets tot stand te kon bring. God is die bron van alle werk: ons vind betekenis in Hom, ongeag watter werk ons doen.



Werk gee ons ook die geleentheid om in ons behoeftes te voorsien, ander te help en Jesus te aanbid. Deur na iets te strewe en terselfdertyd te werk, bou ons 'n lewe van vryheid. Vryheid is die vermoë om volgens God se wil te leef eerder as om volgens die beperkings van ons skuld of verpligtinge te leef. Deur te werk is hoe God ons geskape het om in hierdie vryheid te leef.



God wil in jou werk, nie dat jy net take voltooi nie. Dalk is jy in 'n moeilike werk met uitdagende medewerkers en onmoontlike take. Dit mag 'n kans vir jou wees om in getrouheid, toewyding en oorkoming van konflik te groei. Wanneer ons werk, word ons karakter gebou en is ons beter toegerus om meer werk te doen waarvoor God ons in die toekoms roep (of dit met werk, kerkbediening of enigiets anders is).



Uiteindelik gaan ons werk oor rentmeesterskap. Geleenthede word aan ons gegee om ons verstand, liggame, kreatiwiteit en ingesteldheid wat God aan ons gee, te gebruik. Wees verantwoordelik en dankbaar vir die bronne en vermoëns wat jy het. Werk omdat jy 'n taak van Jesus ontvang het, nie bloot vir 'n salaris nie.



Dink Hieroor:

1. Verwys jou werksetiek mense na of weg van Jesus af. Hoekom of hoekom nie?

2. Hoe bestuur jy jou salaris en jou verantwoordelikhede by die werk?

3. Hoe kan jy oefen om tevrede te wees in jou werk maar honger te bly vir God?



Bid:

Jesus, dankie vir my werk. Dit is 'n geskenk van U af! Help my om die bronne en invloed wat U my gegee het, wys te gebruik.
Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid