Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 22 VAN 28

Minder is meer.



Om meer geld te besit is nie die antwoord op 'n gelukkige lewe nie. Dit mag lyk asof geld alles kan oplos en as jy net 'n beter werk of 'n voller beursie gehad het, sou jy 'n beter lewe kon hê. Vreugde word egter nie gevind in die grootte van ons bankrekeninge nie, maar die grootte van ons harte.



Psalms 37 sê die goddelose leen maar betaal nie terug nie, maar die regverdige is vrygewig met sy gawes.



Die antwoord om in vryheid te lewe, lê daarin om te besef alles gaan nie net oor jou nie. Net God het die krag om te voorsien, en jy is verantwoordelik om nie iets groter of beter te verwag nie, maar om dit wat alreeds aan jou gegee is, goed te bestuur. Die beste manier om God met jou finansies te begin volg, is om Sy voorbeeld te volg deur vrygewig te begin lewe.



Dink Hieroor:

1. Kyk na jou bankrekening. Waarop bestee jy die meeste van jou tyd en geld? Wie het jy die liefste volgens jou uitgawegewoontes?

2. Psalms 37 sê dat iemand wat regverdig is, ook vrygewig is. Wie ken jy wat jy as regverdig sal beskryf? Wat bewonder jy in daardie persoon?

3. Deur Jesus het ons almal die vermoë om regverdig te lewe. Watter stap kan jy vandag neem om meer vrygewig te wees?



Bid:

Jesus, alles wat ek het, insluitend my rykdom, is 'n gawe van U af. Help my om dit goed te gebruik sodat ek U in elke area van my lewe kan eer.
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid