Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:7

Woorde waarvolgens om te leef — Craig Groeschel
3 Dae
Jou gedagtes kan jou verhinder om die regte perspektief te sien, jou terneergedruk maak en jou leuens laat glo. Jou gedagtes kan ook opbouend wees! Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, het 'n paar inspirerende stukkies wyshede neergeskryf wat hy elke dag lees. Kom lees saam en vind uit hoe hierdie woorde sy lewe verander het, en volg drie eenvoudige stappe om jou eie woorde te ontdek waarvolgens jy kan leef.

Raak Ontslae van Vrees
3 Dae
Jy kan gevoelens van vrees oorkom. In hierdie insiggewende leesplan lei dr. Tony Evans jou op die pad na vryheid. Wanneer jy die beginsels wat in hierdie leesplan voorgestel word toepas, sal jy 'n lewe van geluk en vrede ontdek wat jy graag wil hê.

Rus vir die rustelose
3 Dae
Hierdie oordenking sal soekendes help om Christus te vind en gelowiges aanmoedig om in Christus rus te vind van hul daaglikse beproewinge.

Rusteloos
3 Dae
"Ons harte is onrustig totdat hulle hul rus in U vind." Nog nooit tevore het so baie van ons die rusteloosheid gevoel wat Augustinus met hierdie bekende sin beskryf het nie. Maar wat is die oplossing vir ons gebrek aan ware rus? Soos hierdie 3-dag leesplan sal wys, lê die oplossing gedeeltelik daarin om die ou sabbatsbeoefening deur 'n ander lens te bekyk — deur die lens van "U" — Jesus — ons uiteindelike bron van vrede.

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.

Bekommernis oor Niks
3 Dae
Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.

Lig van die Wêreld - Advent Oordenking
4 Dae
Miljoene Christene regoor die wêreld gaan vanjaar Kersfees vier. Advent, 'n pragtig simboliese viering wat tot Kersdag lei, is in baie lande 'n groot deel van die Kersfeesvieringe. Terwyl jy hierdie opwindende Advent-oordenkinge lees, sal jy die geleentheid kry om met broers en susters van verre nasies aan te sluit en uit hul unieke en kragtige perspektiewe en tradisies te leer en saam fees te vier.

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye Gaan
4 dae
Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir sy groter doel gebruik.

Hou Op Om Bekommerd Te Wees
4 Dae
As jy lewend is, sukkel jy waarskynlik met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.

Advent: Herontdek Kersfees in die Chaos
4 Dae
Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees in die Chaos", die Adventtemas in die Skrif en oordenkings wat ten doel het om ons voor te berei om weg te tree van die vakansietydperk se chaos en waarlik Jesus se geboorte te vier!

Wanneer God Kon Maar Hy Het Nie
5 Dae
Waar begin jy wanneer jy weet dat God kon maar Hy het nie? Hierdie 5-dag oordenking is geanker in die Woord van God en sal jou help om die krag te vind te midde van verpletterende moeilike tye.

Oorweldig deur My Seëninge: Aanmoediging vir Mammas (Deel 4)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 4 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows.

Oor Niks Beangs
5 Dae
Topverkoper skrywer Max Lucado ondersoek God se behandelingsplan vir angs wat in Filippense 4:4–8 gevind word. Terwyl jy hierdie voorskrif volg — om God se goedheid te vier, om sy hulp te vra, jou bekommernisse by Hom te los en oor goeie dinge te peins — sal jy God se vrede ervaar. Alhoewel angs deel van die lewe is, hoef dit nie jou lewe te oorheers nie.

In Alle Dinge
5 Dae
Die brief wat Paulus aan die gemeente in Filippi geskryf het, het oor geslagte heen gereis om vandag ons harte en denke te voed en uit te daag. Hierdie 5-dag leesplan gee jou 'n kykie in die boek Filippense, baie eeue nadat God dit deur Paulus geskryf het. Mag God jou met verwondering en verwagting vul wanneer jy hierdie vreugdevolle brief lees! Dit is nie sommer net Paulus se woorde aan 'n antieke kerk nie — dit is God se woorde aan jou.

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Die Meedoënlose Uitskakeling Van Haas
5 Dae
Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: 1) Stilte en afsondering, 2) die Sabbat, 3) eenvoud en 4) 'n stadige pas. Dit is die ongejaagde manier van Jesus.

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent Toewyding
5 Dae
Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog belangriker, vrede met God. Sluit in hierdie Adventtyd by ons aan om die vrede te ondersoek wat Christus gebring het.

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou
5 Dae
Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan Reageer
5 Dae
As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag leesplan van Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Not Afraid", ontdek ons drie dinge wat ons as Christene kan doen wanneer ons 'n krisis in die gesig staar.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Hanteer Vrees in Onseker Tye
5 Dae
Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou met sy vertroosting en hoop te vul! In hierdie 5-dag oordenking van Joyce Meyer, leer ons hoe om vrees hok te slaan en God se liefde, vrede en bemoediging in moeilike tye te ontvang.

Om God se Vrede te Ervaar
5 Dae
Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. Wêreldse vrede is tydelik en van omstandighede afhanklik. Daarteenoor bied God se vrede 'n permanente oplossing, naamlik die redding deur Jesus en sy teenwoordigheid in ons lewens. In hierdie leesplan sal ons kyk wat God se vrede werklik beteken en hoe ons dit in ons lewens kan ervaar.

Eerder Geloof as Vrees
5 Dae
In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wanneer dit voorkom asof ons geen beheer oor gebeure het nie, kan ons vertroosting en vrede in die Woord van God vind.

Vrede is 'n Persoon
5 Dae
Is jy soekend na 'n lewe van vrede en beskerming teen die chaos van jou wêreld? Smag jy na 'n lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings en geskille? Dis ons almal se wens, maar hierdie idee is ver van die werklikheid af. Ontdek in hierdie 5-dag leesplan dat vrede nie die afwesigheid van probleme of moeilikhede is nie. Vrede is die aanwesigheid van Jesus. Vrede is 'n Persoon.