Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:7

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
10 Dae
Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

Soek God Daardeur
10 Dae
Depressie. Angs. Sekere insidente en traumatiese gebeure kan 'n verstandelike, emosionele en geestelike tol van ons eis. Gedurende hierdie tye is dit moeilik en voel selfs oorbodig om God op te soek. Hierdie leesplan, "Soek God Daardeur" het ten doel om jou te bemoedig en te leer hoe om proaktief in die teenwoordigheid van God te wees sodat jy, ongeag jou situasie, die vrede van God kan ervaar.

5 Minute Saam Met God
10 dae
Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer jy deur geloofsoë kyk, sal jy God reg langs jou sien! Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebed
10 Dae
Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder as met die opnoem van wenslyste en verstandelike inspanning. Ons wil jou aanmoedig om in stilte en erkenning van God se teenwoordigheid te begin, gevolg deur nabetragting van die gekose Skrifgedeeltes en uiteindelik 30 rustige minute te bestee aan die in-diepte oordenking wat verskaf word vir elke dag se fokusvers in die Ons Vader-gebed.

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te Bid
10 Dae
Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op hierdie reis gaan om te ontdek dat God met ons praat. God bemagtig ons. Ons Vader het vir ons kragtige en kosbare woorde gegee om oor elke enkele saak en situasie in ons lewens te verklaar. Dit is nou tyd dat ons dit sê en verklaar.

Werp Jou Bekommernis op Hom
10 Dae
Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.

Om Die Stem Van God Te Hoor
11 Dae
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.

Oorwinning Oor Angs
7 Dae
Angs is 'n normale reaksie op onsekerhede in die lewe. Wat ons egter met ons angs doen — en hoe lank ons dit toelaat om binne ons te leef — is wat belangrik is. Sluit by Dr. Charles Stanley aan, waar hy hierdie vernietigende emosie definieer, jou wys hoe om die oorhand te kry en jou help om God se oplossing vir angstigheid eens en vir altyd te vind, wat jou na 'n seëvierende, geloofsgevulde lewe sal lei.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou Atleet
12 Dae
Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Vroue Van Die Woord
14 dae
Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, vrees en angstigheid oor die toekoms. Maar keer op keer herinner God ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. Kyk verby die dominante storie van vrees en moedeloosheid en sien dat God se pad met jou ’n pad van deernis en liefde is. Hierdie oordenkings kom uit Jannie Pelser se samestelling VROUE VAN DIE WOORD.

Elke Dag Saam Met God
14 dae
Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig
14 dae
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

In gesprek met my Here
15 dae
Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.

God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En Angs
18 Dae
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 Maniere Om te Floreer Teen 45 Jaar
21 Dae
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

Hoe is God? 'n 21-dag Leesplan
21 Dae
Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.