Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 22/30
Nr.4/12
Jesus beveel: Neem jou kruis op en volg My
Sleutelbeginsel
Die Bybel sê uitdruklik dat elkeen wat Jesus volg, vervolg sal word. Moenie dink vervolging is abnormaal of dat jy noodwendig iets verkeerd doen nie. Natuurlik sal ons soms onwyse dinge doen, en mense sal sulke gedrag verwerp. Maak seker jy leef soos wat God dit van jou verwag.
Sleutel Skrifgedeeltes om te bestudeer
Lukas 9:57-62 en Lukas 14:25-28
2 Timoteus 3:12 – Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Hoe dink God oor my?)
3. Waarom was Jesus so radikaal toe Hy vir ons gesê het om Hom te volg? Hy het gesê: Neem jou kruis op... bereken die koste... moenie agtertoe kyk nie.
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Reaksie op vervolging - Moet nooit wraak neem wanneer jy onregverdig behandel en vals beskuldig word nie. Lees Romeine 5:5 en vra God die Heilige Gees om die liefde van God in jou hart uit te stort sodat jy onvoorwaardelik kan liefhê. Moet jouself nooit verdedig nie. Verduidelik wat jy glo en waarom jy dit glo.
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

The Legacy of a Man – It Starts Today

When Grief and Loss Become a Spiritual Battlefield

30-Day Marriage Class by Vance K. Jackson

It Starts With One

Matthew's Journey: 'The Gifts You Have' (Part 4)

Carried Through Cancer: Five Stories of Faith

Journey Through Ephesians

Hospitality and the Heart of the Gospel

Acts 22:22-30 | in God's Hands
