Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 21/30
Nr.3/12
Jesus beveel: Gaan maak die siekes gesond en dryf die duiwels uit
Sleutelbeginsel
Jesus het 12 dissipels uitgesoek en vir drie jaar het Hy hulle opgelei (Matteus 10:1-15). Daar was egter ook ander wat Hom gevolg het en hulle is ook dissipels genoem. In Lukas 10:1-9 lees ons van 72 sulke dissipels. Vir beide van hierdie twee groepe gee Jesus die opdrag: Gaan maak die siekes gesond, dryf die duiwels uit en wek die dooies op. Uit hierdie twee Skrifgedeeltes is dit duidelik dat dit die verantwoordelikheid is van elke gelowige, elke volgeling van Jesus, elke dissipel, om siekes gesond te maak en duiwels uit te dryf.
Sleutel Skrifgedeeltes
Matteus 10:1-4 ─ Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak.
Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas…
Lukas 10:1-2, 9─ Sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’
Vrae:
1. Wat was Jesus se opdrag aan die 12 en die 72?
2. Dink jy dit is vandag nog op ons van toepassing?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Belangrik: Jesus het twee belangrike dinge in Matteus 10:1-8 en Lukas 10:1-9 gesê: "Gaan verkondig dat die koninkryk van die hemele naby is." Dit beteken dat Jesus sy heerskappy in die harte van mense wil vestig. Hy het ook gesê dat ons moet uitgaan en die siekes gesond maak, duiwels verdryf en die dooies opwek.
Gehoorsaam: Ken jy iemand wat siek is en gewillig is dat jy vir hom/haar kan bid? Neem een of twee van jou vriende saam, bid vir die persoon en vra God om hom of haar te genees. Dit is ons verantwoordelikheid om vir die siekes te bid. God is die Een wat genees – laat daardie deel aan Hom oor.
Gebed: Bid vir die ander mense in julle groep se persoonlike behoeftes en geestelike groei. Aanbid God as Regverdige Regter. Ruim tyd in vir sondebelydenis. Bid vir die redding van mense en dat hulle aktiewe dissipels sal word.
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

Sporting Life - God in 60 Seconds

Acts 21:17-22:21 | Staying True to Christ

Unstoppable

Financial Discipleship – the Bible on Cosigning

THE UPSIDE-DOWN KINGDOM: A 7 - Day Disovery of How God's Patterns for Living Turn Our Lives the Right Way Up by Youth Alive Aus

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

01 - LORD'S PRAYER: Meditations by W. Phillip Keller

Journey Through Kings & Chronicles Part 2

Sickness Can Draw You and Others Closer to God, if You Let It – Here’s How
