DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopSample

Ragab se geloof, moed en gehoorsaamheid
Ragab was ‘n merkwaardige figuur in die geskiedenis van Israel, bekend vir haar geloof, moed en gehoorsaamheid. Haar verhaal speel af tydens die Israeliete se intog in die beloofde land.
Jerigo, die stad met indrukwekkende mure was ‘n bastion van die Kanaäniete, maar dit sou deur God se ingryping weens hul sonde en rebellie verwoes word. Ragab het die nuus van die God van Israel gehoor en in Hom geglo.
Hierdie geloof het haar beweeg om moedig en daadwerklik die verspieders van Israel, wat deur Josua gestuur is, te beskerm. Sy het geweet dat haar optrede risiko’s inhou, maar haar geloof was sterker as haar vrees sodat sy ‘n moedige besluit geneem het om die verspieders te herberg, weg te steek en later te help ontvlug.
Haar gehoorsaamheid spreek daarvan dat sy ‘n rooi tou aan haar venster vasmaak en daardeur haar familie se uiteindelike redding gewaarborg. As 'n vrou wat in Jerigo gewoon het, was haar toekoms onlosmaaklik deel van die stad se lot. Sy was deel van 'n goddelose samelewing wat bestem was vir vernietiging.
Tog het Ragab ‘n ander keuse gemaak. Toe sy hoor van die God van Israel en sy magtige dade, het sy geglo dat Hy die ware God is. Hierdie geloof het haar beweeg om dapper en moedige aksies in oortuiging te neem. Sy het besef dat haar redding nie in die mure van Jerigo of in haar omstandighede lê nie, maar in die God van Israel.
Hierdie geloof het nie net haar lewe gered nie, maar ook dié van haar hele familie. Later sou sy selfs deel van die geslagslyn van Jesus Christus vorm, wat weereens bewys hoe God geloof beloon. Ragab se verhaal is 'n kragtige herinnering dat geloof nie net 'n innerlike oortuiging is nie, maar kragtig is om omstandighede te verander. Haar geloof het haar lewe verander– van 'n lewe van vrees en oordeel na 'n toekoms van genade, vergifnis en hoop.
Net soos Ragab uit haar situasie opgestaan het deur geloof, word ons uitgedaag om te vra: Hoe kan ons geloof ons omstandighede verander? Dalk staar jy ook "Jerigo" in die gesig – 'n moeilike situasie by jou huis, in jou omgewing of werk, wat soos ‘n vesting lyk. Ragab se geloof bewys dat jy nie gevange in jou omstandighede hoef te bly nie. Deur jou geloof in God te plaas kan Hy jou lewe verander.
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U deur my geloof my lewe kan verander, net soos U dit vir Ragab gedoen het. Help my om U ten volle te vertrou te midde van uitdagings en om dapper op te tree in ooreenstemming met u wil. Dankie dat U ‘n nuwe toekoms vir my skep, ongeag van my verlede. Amen.
Scripture
About this Plan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Related Plans

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Faith in Hard Times

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Holy, Not Superhuman

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Praying the Psalms

Homesick for Heaven

Greatest Journey!

Stormproof
