DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopSample

Ragab se moed en God se belofte van redding
Ragab se verhaal in Josua is ‘n getuienis van hoe geloof en moed hand aan hand gaan. Ragab het die nuus gehoor van die God van Israel – hoe Hy die Rooi See oopgeklief en groot oorwinnings aan sy volk gegee het:
“Ons het gehoor hoe die Here die water van die Rietsee voor julle laat wegdroog het toe julle uit Egipte getrek het. Ook wat julle met Sihon en Og, die twee konings van die Amoriete, aan die oorkant van die Jordaan gedoen het en hoe julle hulle uitgewis het. Ons het dit alles gehoor. Ons harte het ineengekrimp. Niemand van ons het meer moed oor om teen julle te veg nie” (Josua 2:10-11).
Hierdie gerugte het haar oortuig dat die God van Israel die ware God is. Toe die twee Israelitiese verspieders na Jerigo gekom het, het haar geloof in God haar die moed gegee om reg op te tree. Haar dapper besluit het nie net haar eie lewe beïnvloed nie, maar ook dié van haar hele familie. As deel van haar ooreenkoms met die verspieders, het sy 'n belofte van redding ontvang – 'n belofte wat deur God self vervul sou word.
Ragab se moedige optrede het bewys dat geloof nie net woorde nie, maar dade vereis. Sy het God se wil bo haar eie vrese gestel en is beloon met sy beskerming en seën. Haar verhaal herinner ons daaraan dat wanneer ons moedig in geloof optree, God altyd sy beloftes sal nakom.
Ons word almal soms met situasies gekonfronteer wat ons uitdaag om moedig die regte ding te doen, selfs wanneer dit riskant of ongemaklik is. Ragab se voorbeeld bemoedig ons om te glo dat God altyd saam met ons is wanneer ons volgens sy wil optree. Haar verhaal laat ons besef dat geen verlede ooit te donker vir God se genade is nie – sy redding is beskikbaar vir elkeen wat glo.
Hoe kan jy vandag moed aan die dag lê om God in jou optrede te eer? Dalk vra Hy jou om iemand in nood te help óf om op te staan vir dit wat reg is óf om gehoorsaamheid in moeilike situasies te bewys. Soos Ragab, kan jou besluit ‘n bron van seën en redding vir jouself en ook ander wees!
Gebed
Here, dankie vir Ragab se verhaal wat my inspireer om met geloof en moed op te tree. Gee my die krag om die regte besluite te neem, selfs wanneer dit uiters moeilik is. Help my om op u beloftes te vertrou en om met my dade te wys dat ek in U glo. Amen.
Scripture
About this Plan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Related Plans

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Faith in Hard Times

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Holy, Not Superhuman

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Praying the Psalms

Homesick for Heaven

Greatest Journey!

Stormproof
