DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopSample

God van Israel roep Ragab, ‘n vrou met ‘n donker verlede
Ragab was ‘n vrou met ‘n donker verlede. Sy het nie net in ‘n stad gevul met afgode en immoraliteit gewoon nie, maar haar lewe was ook gebroke. Hoe het sy op hierdie plek beland dat sy haar liggaam begin verkoop het aan enigiemand met geld en slegte waardes?
Was dit dalk dat sy ouers gehad het, wat haar grootgemaak het met die wete dat sy nie goed genoeg is nie? Was dit dalk ‘n gebrek aan goeie geleenthede, of moeilike omstandighede wat haar bestemming bepaal het, of dalk net geen keuse nie, weens finansiële uitdagings? Wat ook al die redes vir haar sondige lewenstyl het haar toekoms waarskynlik min hoop gebied.
Haar reputasie as ‘n prostituut en herbergier van ‘n bordeel het haar in die oë van die samelewing verworpe en onwaardig gemaak. As ‘n Kanaänitiese prostituut in Jerigo, sou niemand haar as deel van God se plan gesien het nie. Tog het sy van die God van Israel gehoor en met albei hande die geleentheid aangegryp om haar lewe drasties te verander.
Let wel, sy het geen verwysingsraamwerk oor die God van Israel gehad nie, sy ken Hom nie en het tot op datum waarskynlik niemand ontmoet wat God aanbid of geken het nie. Nou het dié onbekende God van Israel, Ragab die onbenullige vrou, ‘n Kanaäniet en prostituut geroep om op Hom te vertrou. Sy het haar rug op haar kultuur en gode gedraai en God gekies.
Dink net aan haar woorde: “Want ons het gehoor hoe die Here die water van die Skelfsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Egipte getrek het” (Josua 2:10-11). Die boek Josua wys vir ons dat Ragab se storie nie deur haar verlede bepaal word nie, maar deur God se genade wat haar roep en vind, al is dit in die onwaarskynlikste omstandighede.
Dit is die wonder van genade: Genade ontmoet ons nie net waar ons is nie, maar bepaal ook wie ons kan word. Iemand het eenkeer gesê “Genade is nie God se antwoord op ons volmaaktheid nie, maar op ons gebrokenheid. Dit is die onverdiende liefde wat herstel bring waar daar seer was.”
God se genade het Ragab ten spyte van haar verlede uitgenooi om deel te wees van sy groter verhaal van verlossing. Haar huis, geleë op die mure van Jerigo, word die plek waar geloof, genade en gebrokenheid mekaar ontmoet en waar ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe begin.
Soos Ragab, het ons almal plekke van gebrokenheid in ons lewens, ‘n slegte verlede, foute, seer en mislukkings wat ons selfbeeld of ons verhouding met God kan skaad. Die waarheid is egter dat God verder as ons gebroke menswees kyk. Sy genade ontmoet ons daar, genees en verander ons.
Wat is dit in jou verlede wat soos ‘n skaduwee oor jou hang en veroorsaak dat jy gebrokenheid beleef? Hoe kan jy, soos Ragab, God vertrou om jou daar te ontmoet en sy genade te laat werk?
Gebed
Here, dankie dat u genade my vind, selfs in die donkerste en gebroke stukke van my lewe. Help my om op U te vertrou, om te glo dat U my storie kan herskryf en my in u groot plan kan gebruik. Amen.
Scripture
About this Plan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Related Plans

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Faith in Hard Times

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Holy, Not Superhuman

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Praying the Psalms

Homesick for Heaven

Greatest Journey!

Stormproof
