10 Gebede vir donker daeSample

Die vrede van God
Here, U ken die snellers wat my paniek sonder waarskuwing die hoogte laat inskiet. My hart klop in my keel en dit is moeilik om asem te haal. Malende gedagtes maak dit onmoontlik om helder te dink en my probleme te hanteer. Wanneer vrees ’n houvas op my kry, voel dit of ek wil oorreageer, baklei, in trane uitbars of weghardloop. Dit lyk onmoontlik om my gevoel van vrede te herstel.
Tog, Here, is U gereed om my enige oomblik te ontmoet. Leer my om op u Woord te fokus wat u konstante vrede, krag en liefde belowe. Lei my om te bid omdat U my hoor wanneer ek in moedeloosheid na U uitroep (Psalm 55:18). Bring die Gees se vrug van vrede in my hart sodat ek sterk kan staan in die aangesig van moeilikheid. U is my vertroosting en vreugde.
Amen.
Scripture
About this Plan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Related Plans

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

Biblical Marriage

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)
