10 Gebede vir donker daeSample

Gesien en geken
Here, ek het geleer om my sterk te hou en die vreesbevange en moeë kind in my binneste weg te steek. Niemand ken die seer van my ongeneesde wonde, angstigheid en skaamte nie. Ek voel onsigbaar terwyl ek sukkel om myself bymekaar te hou. Ek wonder: Wie sal luister as ek hulp vra?
Tog, Here, kyk U verby die valse glimlag wat my trane wegsteek. Wanneer ek nie my behoeftes en emosies in woorde kan uitdruk nie, weet ek “U ken my gedagtes van ver af ” (Psalm 139:2). As u kind ken U my beter as wat ek myself ken. Dankie dat U my nooit buite u sig laat gaan nie. Leer my om in die vertroosting van u teenwoordigheid te rus en op u liefde te vertrou.
Amen.
Scripture
About this Plan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Related Plans

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

Biblical Marriage

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)
