10 Gebede vir donker daeSample

My sterk vesting
Here, wanneer die druk van die lewe intens voel, wil ek net weghardloop. Ek wil graag ontsnap van die nimmereindigende lys verantwoordelikhede wat my skedule vol maak. Angstigheid word meer en maak my desperaat om dié te vermy wat my sekerheid bedreig en my gees kwes. Ek wil vlug van enige bron van pyn en net gaan lê en rus sodat niemand enigiets van my kan vra nie.
Ek kan nie alles vir almal wees nie, Here. My krag het beperkings. Ek voel weerloos. Ek word maklik oorweldig en moedeloos. In plaas daarvan om weg te hardloop, moet ek na U toe hardloop, my “sterk vesting” (Psalm 61:4). Wees my beskerming teen gevaar. Vul my met die vrede van u Gees. Laat ek rus vind onder u vlerke.
Amen.
Hierdie gebede is geneem uit 101 GEBEDE VIR DONKER DAE deur Joanna Teigen © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Related Plans

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

Biblical Marriage

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)
