10 Gebede vir donker daeSample

Stille rus
Here, ek sien op teen die nag. Ek weet daar wag ure se spanning en vrees vir my voor die son weer opkom. My gedagtes jaag deur al die ergste dinge wat ek my kan voorstel. Ander se behoeftes en verwagtinge vul my met spanning. My probleme lyk groot en onmoontlik om te oorkom. Ek hunker na verligting en versterkende rus en slaap, want hierdie angstigheid kry my onder.
Vervang asseblief my vrees met geloof, deur middel van u Gees. Gee my vertroue in u konstante, liefdevolle omgee. Wys my hoe om my bekommernisse in u hande te sit soos ’n kind wat vertrou op sy goeie en getroue pa. Verbreek hierdie nagte van slaaploosheid en bekommernis met stille rus. Deurweek my gedagtes met u beloftes dat U aan my sy sal bly sodat my angstigheid plek sal maak vir vrede.
Amen.
Scripture
About this Plan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Related Plans

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

Biblical Marriage

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)
