10 Gebede vir donker daeSample

Laat my groei
Here, in hierdie donker tye bly ek vra: “Hoekom?” Hoekom lyk genietinge en sukses so buite my bereik? Hoekom lyk dit of ander veilige, liefdevolle verhoudings het, maar ek kry seer en ly verliese? Hoekom moet swaar emosies my vreugde steel en my moeg, swak en bang maak? Hoekom moet ek hoegenaamd verwag dat dit beter sal word? Ek het geloof nodig om te glo dat swaarkry die pad van hoop na U toe is.
U Woord belowe dat U sal sorg dat my seer nie verniet is nie. As ek op U vertrou en op U staatmaak, kan ek volhou. U sal my krag, wysheid en deernis vir ander wat swaarkry, vermeerder. Ek sal U beter leer ken soos U u liefde openbaar. Help my om aan U vas te hou tot hoop weer in my hart kom.
Amen.
Scripture
About this Plan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Related Plans

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

The Heart Work

Christian Forgiveness

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Be Good to Your Body

Biblical Marriage

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)
