Hoop Vir Jou PadSample

“Moord, dis presies wat dit is!”
Moord is nie ’n onbekende realiteit vir ons nie. Jesus se dood aan die kruis val ook in hierdie kategorie. Dit was niks anders as ’n goed beplande moord nie. Trouens, selfs die hoëpriester en al die hooggeplaaste Joodse godsdienstige leiers het ’n aandeel hierin gehad.
Jesus is skuldig bevind deur die maghebbers van die dag, onder andere omdat Hy die Sabbat oortree het en die tempel se heiligheid bevraagteken het. Die laaste strooi wat sy doodsvonnis onderteken het, was Jesus se erkenning dat Hy inderdaad die Messias is. Daarom wou hulle sy stem ten alle koste stilmaak. Hy was net te radikaal.
Gelukkig kon die wreedste dood denkbaar Hom nie gevange hou nie. Die kaal kruis en die leë graf bevestig dit. Daarom kan ons soveel hoop hê. Jesus se oorwinning is nou ook ons s’n. Ons leef anderkant die dood saam met Hom in die wete dat Hy weer kom.
Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligting.
Scripture
About this Plan

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert
More
Related Plans

Let Us Pray

God in 60 Seconds - Basic Bible Bites

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Faith in Hard Times

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Greatest Journey!

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Homesick for Heaven
