YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Jou PadSample

Hoop Vir Jou Pad

DAY 1 OF 5

“Sterker as vrees” Vrees is derduisende mense se metgesel. Gelukkig is hoop sterker as vrees. Maar dan moet hoop voortdurend gegroei en gekoester word. Dit moet Godwaarts gefokus word.  Om op God te hoop, beteken nie ’n ontkenning van die realiteite van ons dag nie. Hoegenaamd nie, maar hoop hou rekening met ’n nuwe werklikheid – God s’n. Hoop verskuif ons blik gedurig na die wêreld van God. Dit herfokus ons aandag op Hom te midde van ons eie worstelinge oor ons probleme in die lewe. Dit laat ons ’n nuwe toekoms sien.  Hoop is om Christus hier en nou te vertrou met ons hele lewe, asook met daardie lewe wat wag in sy nuwe wêreld. Daarom laat hoop ons ook stroomop leef.  Hoop laat ons te midde van twyfel, vrees en ongeloof volhard in God se rigting. Selfs as ons struikel – en ons gaan dit een of ander tyd doen – hou hierdie vlammetjie van hoop nie op met brand in ons hart nie. Keer op keer rig dit ons weer op God. Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligting.

Scripture

Day 2

About this Plan

Hoop Vir Jou Pad

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies d...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy