Hoop Vir Jou PadSample

“Minder is meer”
Die skrywer Malcolm Gladwell vertel in een van sy boeke dat Dawid vir Goliat verslaan het omdat hy hom op ’n onkonvensionele manier aangevat het. Nie net was Dawid veel meer beweeglik as die reus met sy swaar gevegsdrag nie, maar hy was ook ’n meester met sy slingervel. Nee, hierdie was nie maar net ’n speelding nie, maar ’n dodelike wapen in sy vaardige hande. Van die begin af het Goliat eintlik geen kans gestaan teen hierdie jong man wat nie geskrik het vir die groot reus voor hom nie. In een oomblik het Dawid die bordjies vir altyd verhang.
Partykeer neem dit net een mens om ’n ware verskil tussen hoop en wanhoop te maak in die Here se Naam. Dit is nie altyd die sterkstes wat die gevegte van die lewe wen nie. Vindingrykheid en afhanklikheid van die Here is baie meer werd wanneer beslissende veldslae geveg word. Dan oorwin gewone mense reuse!
Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert
More
Related Plans

Let Us Pray

God in 60 Seconds - Basic Bible Bites

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Faith in Hard Times

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Greatest Journey!

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Homesick for Heaven
