Hoop Vir Jou PadSample

“Hoop het ’n Naam en Adres”
Hoop het ’n Naam en ’n Adres – volgens die Nuwe Testament in elk geval: Jesus Christus is die oorsprong en die einddoel van ons hoop.
Hoop hier aan ons kant van die draad is gelyk aan ’n innerlike wete in ons harte dat Hy al ons droogmaak en sondes van gister en eergister heeltemal uitgevee het. En dat Hy ’n nuwe pad vir ons gebou het wat eindig in die ewige stad van God.
Hoop maak dat al die seer en swaar wat ons tans sien en ervaar nie die laaste sê het nie. Hoop maak dat ons vasbyt omdat ons weet daar wag ’n nuwe wêreld op ons. Hoop maak ons nie wêreldvreemd nie. Dit laat ons nie vlug van alles wat nog hier op aarde gebeur nie.
Die vaste hoop in ons harte laat ons juis voluit leef vir God en vir ander. Hoop maak ons oë oop om die Onsienlike nou reeds te sien en om elke dag met blymoedigheid aan te durf.
Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert
More
Related Plans

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

God Says I Am: Embracing Peace & Walking in Power

Come Holy Spirit

The Book of Psalms (30-Day Journey)

Lost Kings | Steward Like a King

God’s Answer to Anxiety: 7 Truths That Calm the Chaos Inside

Faith in Hard Times

When You’re Desperate: 21 Days of Honest Prayer

Transformational Days of Courage for Women
