YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir Jou PadSample

Hoop Vir Jou Pad

DAY 4 OF 5

“Die angel is getrek” Die anderkant interesseer baie mense aan hiérdie kant. Ek bedoel die lewe aan die dood se kant! Wanneer iemand naby aan ons sterf, wil ons graag weet hoe dit sal wees daar oorkant die doodsvallei.  Wel, Jesus het dwarsdeur daardie einste vallei gestap. Hades, die doderyk, was nie sterk genoeg om Hom gevange te hou nie. Jesus het die dood se uitdaging aanvaar. Die angel van die grootste vyand van ons almal aan hierdie kant van die graf is uitgetrek. Jesus hou die sleutels van die dood en die doderyk stewig in sy eie hande vas. Daarom is daar hoop vir elkeen wat sy Naam aanroep.  Ware lewe wen vir ewig, selfs al loop ons uurglas aan hierdie kant op ’n dag leeg. Hoop dryf in Jesus se teenwoordigheid. Moedverloor se vlakte is oorstroom met nuwe lewe. Daarom kan ons al die seer en die swaar van hierdie lewe trotseer met nuwe hoop in ons harte. Hierdie oordenking is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 3Day 5

About this Plan

Hoop Vir Jou Pad

Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies d...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy