Wapenrusting van GodSample

Lees: Efesiërs 6:13–14
SOAP: Efesiërs 6:13–14
"Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,"
Oordenking
Een van die wonderlike waarhede met betrekking tot God is dat Hy ons nie op ons eie gelaat het om ons lewens self uit te pluis nie. In plaas daarvan wil Hy hê dat ons aktief by Hom betrokke moet raak en sy leiding soek vir die groot en klein kwessies in ons lewens. Hiervoor het Hy vir ons sy Woord gegee, die Bybel, wat van begin tot einde waar is. Wanneer ons dit vertrou en glo, trek ons die gordel van die waarheid aan soos Efesiërs 6 vir ons beskryf.
Hierdie gordel van die waarheid help ons om vas te staan in ons geloof en strategiese aanvalle van die vyand teen te staan. Die gordel van die waarheid is die fondament waarop al die ander dele van ons geestelike wapenrusting gevestig is.
Om die Woord van God te ken is van kardinale belang om sterk te staan in die Here. Dit gee vir ons die grondslag van waarheid en help ons om gevestig te bly in wat reg en goed is. Wanneer ons die Woord van God bestudeer en daaroor peins, vul ons ons gedagtes en harte met waarheid. Hierdie waarheid maak ons vry van enige leuens en misleidings wat die vyand in ons gedagtes probeer plant.
Wanneer ons die gordel van die waarheid aantrek, plaas ons nie net ons volle vertroue in die ware Woord van God nie, maar leef ons as betroubare mense. Ons is opreg en eerlik, praat die waarheid en is nie skynheilig of onbetroubaar nie. Net soos ons hemelse Vader altyd die waarheid praat, so moet ons ook.
Gebed
Liewe Vader, help my om u weë te verstaan. Skep in my 'n begeerte om myself met u Woord te vul en maak dit die fondament van my lewe. Help my om U te soek in alle sake in my lewe, en gee my lippe wat te alle tye die waarheid praat. Amen.
Scripture
About this Plan

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More
Related Plans

Rich Dad, Poor Son

(Re)made in His Image

How Christians Grieve Well

Serve: To Wield Power With Integrity

Heart of Worship

A Prayer for My Husband: Part 1

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

Prayers for My Wife

Daniel: Remembering Who's King in the Chaos
