YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 7 OF 43

Lees: 1 Johannes 4:4–6

SOAP: 1 Johannes 4:6

"Ons behoort aan God, en wie vir God ken, luister na ons; wie nie aan God behoort nie, luister nie na ons nie. Hieraan kan ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaalleer onderskei."

Oordenking

As ons wil weet wat waar is moet ons die Woord van God ken. Die Waarheid kan slegs in God, die Een wat self waarheid is, gevind word. God se waarheid moet ons lewens bewaar.Dit is so belangrik om elke dag die gordel van waarheid aan te trek wanneer ons in die wêreld uitgaan en slaags raak met ‘n vyand wat met leuens aanval.

Die gees van misleiding en bedrog was nog altyd, vandat die slang in die tuin met Eva gepraat het, in die wêreld. Hy het haar bedrieg deur God se woorde te bevraagteken en haar te laat twyfel of God regtig die beste vir haar lewe begeer het. Indien ons nie in die Woord van God gegrond is, dit die fondament van ons lewens maak en toelaat om diep in ons verstand en harte in te dring nie, sal ons vatbaar wees vir die wisselende getye van openbare opinie en ons vastrapplek verloor.

Wie ons toelaat om in ons lewens invloed te hê, is so belangrik. Diegene na wie ons luister, is wie ons toelaat om ons te beïnvloed. Wanneer ons ‘n hegte verhouding met God het en weet wat Hy gesê het, is ons in staat om die stem van waarheid te herken en dit van die stem van dwaalleer te onderskei. Dit is van kardinale belang in ons geestelike reis terwyl ons gekonfronteer word met die aanvalle van die vyand wat ons met leuens en vals leringe probeer mislei. Wanneer ons in God se waarheid gewortel is, kan ons die gees van waarheid herken en die gees van dwaalleer verwerp.

Gebed

Liewe Vader, help my om na u stem te luister en dit te gehoorsaam. Gee my onderskeidingsvermoë en leer my om te luister na wat U sê en dit heelhartig te glo. Help my om enige leuens wat die vyand op my hart en verstand rig, te blokkeer. Amen.

Scripture

About this Plan

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More