Wie Is God?Sample

Wat is die nagmaal? — 1 Korintiërs 11:17-34
Paulus is besig om ‘n aantal vrae van die gemeente in Korinte te antwoord. Baie gelowiges in Korinte was slawe. Weens hulle omstandighede moes hulle van vroeg tot laat werk en het gevolglik baie keer laat opgedaag vir die byeenkomste. Dit het dus baie keer gebeur dat die meer vermoënde lidmate solank begin eet het — onthou dit was ’n liefdesmaal waartydens die Nagmaal ingestel is — en dat daar nie meer oor was as die ander by hulle aansluit nie. Dit het die armes verneder en Paulus spreek hom skerp hieroor uit en stel die eenheid voorop, wat uitdrukking kry in die mededeelsaamheid van ryk en arm by die Nagmaalstafel. Die rykes moet daarom by die huis klaar eet, as hulle nie kan wag met al die kos by die nagmaalstafel nie!
Na Paulus sy lering oor die Nagmaal afgehandel het, pas hy dit toe op ’n verdere ongepaste wyse om die Nagmaal te gebruik, naamlik om nie selfondersoek te doen nie. Daardeur drink en eet mense ’n oordeel oor hulleself wat letterlik ’n fisieke uitwerking op hulle het en sal hê. ’n Mens moet dit nou nie interpreteer asof net diegene dood is wat die Nagmaal verkeerd gebruik het nie, maar dat daar in die algemeen meer siektes en dood by hulle teenwoordig was wat Paulus wyt aan die feit dat hulle nie as ’n gemeente genoegsaam bedagsaam voor die Here God lewe nie.
1. Dit is duidelik dat die nagmaal ‘n gemeenskapsmaaltyd is. Is daar raakpunte tussen hierdie situasie wat Paulus beskryf en jou eie gemeente? Op watter maniere sorg julle dat die nagmaal ‘n gemeenskapsmaaltyd bly?
2. Dit is ook duidelik dat daar ‘n persoonlike kant is aan die deelname aan die nagmaal. Selfondersoek is noodsaaklik. Wat leer die gedeelte jou oor jou eie deelname aan die nagmaal?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat nagmaal ‘n viering van jou gemeenskap met gelowiges is, sowel as met die lewende Here Jesus.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 11 met die tema: Oor mans en vrouens in die erediens.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
