YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 355 OF 364

Wat is die nagmaal? — Openbaring 19:6-9

Openbaring 19 handel oor drie sake: die jubellied van die hemelse skare oor die verwoesting van alle aardse magte; die bruilofsfees van die Lam van God met sy bruid, die kerk; die oordeel oor die Antichris en die valse profeet.

Die bruid, die kerk, word toegelaat om haar gereed te maak vir die bruilof met wit klere as simbool van die regverdige dade van die heiliges. Interessant, die bruilofsgaste is dieselfde geloofsgemeenskap as die bruid van die Lam. Gelowiges is dus beide die bruid asook die genooide gaste. Die punt is dat die geloofsgemeenskap van die kerk met die Here Jesus sy toppunt bereik. Die twee metafore dui die intimiteit en die eer van hierdie gemeenskap aan.

1. Jesus het gesê dat Hy saam met ons sal aansit by die “pasga” (nagmaal) in die koninkryk van God (Lukas 22:16). Dit word hier beskryf as die “bruilofsfees” van die Lam. Wat beteken hierdie belofte vir jou?

2. Deel van die opgewondenheid oor hierdie bruilofsfees is dat ons voorberei word deur ons toewyding aan die Here Jesus. Hoe help die gedeelte jou om te volhard in goed doen?

3. Lees die verse later vandag weer om jou opgewonde te maak oor die voorreg wat vir ons wag in die hemel as die bruid van die Lam.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Openbaring 19 met die tema: Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More