Wie Is God?Sample

Wat is die sakramente? — Kolossense 2:11-12
Die sakramente is ‘n getuienis van ons éénheid met Christus. Só was dit met die besnydenis in die Ou Verbond. Só is dit met die doop in die Nuwe Verbond. Die doop getuig aan ons dat ons saam met Hom begrawe is in die dood vir die sonde, en saam met Hom opgewek is uit die dood om vir God te lewe. Die krag van God wat in Christus gewerk het, is ook in ons aan die werk. Die doop is ‘n teken daarvan. Ons lewe saam met God is die gevolg daarvan.
1. Watter perspektief gee hierdie gedeelte vir jou op die waarde wat die doop vir jou het?
2. Hoe help hierdie gedeelte jou om jouself te reken as dood vir die sonde en lewend vir God?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die doop jou herinner aan jou dood vir die sonde en jou opstanding in ‘n lewe vir God.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 2 met die tema: Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
