Wie Is God?Sample

Wat is die sakramente? — Matteus 26:26-29
Jesus hervorm hierdie Pasga ete deur die gewone elemente daarvan — brood en wyn — te neem en die voortdurende viering daarvan met sy dood te verbind waardeur Hy ’n verbond met hulle en dié wat ná hulle sou kom, sluit tot vergifnis van sondes. Hierdie eerste Nagmaal is daarom ook vir Jesus ’n moment van beslissing, ’n eie verbintenis, dat Hy self nie weer brood en wyn sal geniet, totdat Hy dit met die volle aanbreek van die koninkryk van sy Vader, weer saam met sy dissipels sal kan doen nie.
1. Watter perspektief gee hierdie gedeelte vir jou op die waarde wat die nagmaal vir jou het?
2. Wat beteken dit vir jou dat dit Jesus self is wat die nagmaal as sakrament instel?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die verbond wat God met jou gesluit het om jou sonde te vergewe en jou uiteindelik in sy koninkryk op te neem.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Matteus 26 met die tema: Jesus word verwerp, verraai, verhoor en verloën.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

When God Makes Things Right: A 5-Day Devotional on Nahum

When Tithing Feels Impossible: 3 Truths That Free You From Financial Guilt

Read the Bible Effectively

The Holy Spirit: God Through Us

The Creator's Battle: Winning the Inner War for Your Art

When You Are the Problem: The Courage to Look in the Mirror When Your Church Is in Crisis

Journey Through Esther

BE a PILLAR

What Is "The Way of Christ?"
