YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 339 OF 364

Wat is die sakramente? — Johannes 6:47-58

’n Mens moet eintlik hoofstuk 6-7 as ‘n eenheid lees. Die een gedagte volg direk op die ander en vorm so ‘n pragtige geheel. Elke uitspraak het met elke ander uitspraak te make. Die broodwonder in die eerste 15 verse is die vertrekpunt.

Jesus sluit daarby aan om te verduidelik dat Hy die brood van die lewe is. Gelowiges moet op Hom fokus, want in die gemeenskap met Hom lê die volharding van hulle geloof. Die wonderteken van die brood wys op die Wonderdoener. Die teken is nie so belangrik nie as die realiteit waarna dit verwys. Dit is immers net deur in Jesus te glo, wat ‘n mens die lewe het. Net Hy kan vir hulle ewige lewe gee. Jesus is die Brood wat lewe gee. Daardeur bekom hulle die ewige lewe met die laaste dag se opstanding.

Die Jode wys egter hulle weerstand teen God se lering deur konsekwent Jesus se lering mis te verstaan. Dit terwyl Jesus hier eintlik oop kaarte met hulle speel en van sy naderende dood in terme van sy liggaam en sy bloed te praat, die tekens van die nagmaal. Dit is egter dié wat die betekenis daarvan begryp en omhels, wat inderdaad in God is en ervaar dat God in hulle bly.

1. Hoe help hierdie gedeelte jou om die betekenis en waarde van geloof raak te sien?

2. Hoe help hierdie gedeelte jou om die betekenis en waarde van die sakramente raak te sien?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat die tekens van die sakramente jou geloof in Jesus versterk.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Johannes 6 met die tema: God gee geloof wat vir altyd hou.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More