YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 338 OF 364

Wat is die sakramente? — Romeine 4:11-12

Paulus roep in Romeine 4 drie OT figure op as bevestiging van sy standpunt dat God se vryspraak, sy genade, deur geloof ontvang word: Abraham, Dawid en Moses. Met die voorbeeld van Abraham bevestig Paulus dat hy God se vryspraak gekry het deur die geloof (Genesis 15:6). Abraham het nie daarvoor gewerk nie. Hy kon ook nie staatmaak op sy wetsonderhouding nie. Dié is immers eers in die woestyntyd aan die volk gegee. Die besnydenis was ’n teken van die vryspraak deur die geloof en nie andersom nie. Só het Abraham die vader geword van dié wat geglo het ná besnydenis sowel as dié wat besny is ná hulle tot geloof gekom het.

1. Wat beteken die sakrament van die doop en nagmaal vir jou?

2. Watter rol speel die sakramente in jou geloof?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy die vryspraak van God deur die geloof gekry het, nie deur die sakramente nie.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 4 met die tema: Die genade van geloof.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More