YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 333 OF 364

Wat is die Christelike tug? — Kolossense 2:6-10

Hierdie gedeelte is die hart van die boodskap van hierdie brief. Dit is duidelik dat Paulus hierdie brief skryf om sekere idees en praktyke wat begin posvat het in die gemeente se invloed teë te werk. Dit is dus nie net die mense self — dwaalleraars — wat aangevat word nie. Hy vat primêr hulle idees en praktyke aan.

Paulus beklemtoon dat ander mense in die Kolossense se lewenswandel moet kan sien dat hulle die Here aangeneem het en verbonde aan Hom lewe. Hulle geloof en gedrag, hulle leer en lewe, moet ooreenstem. Dit beteken onder andere dat hulle versigtig moet wees vir leë filosofieë en leringe wat slegs op menslike tradisies berus het. Dit sluit selfs die Joodse reëls oor die besnydenis en feeste in. Hulle moet die gesonde leer van Christus aanhang soos dit aan hulle oorgelewer is.

1. Watter leë filosofieë en leringe wat slegs op menslike tradisies berus sien jy raak in jou omgewing? Watter invloed het dit op Christene wat jy ken?

2. Hoe kan jy help dat ander die slegte invloed van sulke leringe kan raaksien en vermy?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou geloof en gedrag net op die Christelike boodskap in die Bybel gebaseer mag wees.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 2 met die tema: Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More