YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 332 OF 364

Wat is die Christelike tug? — Romeine 16:17-20

Baie mense lees tereg die klem op die aanvaarding van mekaar wat Paulus in Romeine 14-15 beklemtoon. Sy motivering daarvoor is dat soos Christus nie aan Homself gedink het nie, moet dié wat sterk is in geloof die swakhede verdra van dié wat nie sterk is nie. Hy dink aan dinge soos verskille oor kos en drank.

Maar, sulke mense lees nie verder in hoofstuk 16 nie. Daar beklemtoon Paulus dat swakhede in geloof verdra kan word, maar nie verdeeldheid oor die leer van Christus nie. Waar mense dinge verkondig wat bots met dit wat aan hulle oorgelewer is — Paulus dink hier aan beide sy eie leringe as aan dié van die ander apostels — moet sulke mense vermy word. Trouens, ‘n mens moet op die uitkyk wees vir dwaalleringe sodat jou geloof nie daardeur ondergrawe word nie.

1. Wat sien jy vandag raak van hierdie tipe dwaalleringe wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe?

2. Wat doen jy om sulke leringe uit te wys en mense te vermy wat sulke leringe verkondig?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jy ‘n onvervreembare plig het om die geloofsgemeenskap te help om getrou te bly aan die boodskap van die Bybel.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 16 lees met die tema: Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More