Wie Is God?Sample

Wat is die Christelike tug? — Matteus 16:13-19
Jesus se identiteit is nou al op verskillende wyses geïdentifiseer deur die loop van die evangelie, ook as die Seun van God, maar Petrus se belydenis is ’n fundamentele standpuntinname oor Jesus. Dit is ’n dieptepunt in die evangelie en het die belydenis van die vroeër kerk beslissend beïnvloed. Jesus is nie maar net nóg ’n geneser cum demoon uitdrywer nie. Hy is die Seun van die lewende God. En dit is belangrik dat die dissipels dít van Jesus snap vóór Hy die pad van die kruis begin loop. Dit is immers as die Messias, die Christus, wat die kruisdood vir die dissipels en vir almal wat in Hom glo, vir die wêreld, sin en betekenis gaan hê. Anders is dit net ’n tragiese verhaal van wat kon gewees het. Let op dat dié belydenis steeds iets is wat op God se openbaring aan Petrus berus. Maar, dan is dit ook ’n belydenis wat die fondament word van die kerk, die vergadering van die geroepenes, wat die boodskap regoor die wêreld gaan uitdra. Saam met die belydenis kom daar groot verantwoordelikheid. Mense se ewige saligheid hang van dié belydenis af.
1. Wie is Jesus vir jou?
2. Hoekom koppel Jesus die sleutelmag van die koninkryk toe aan diegene wat Hom bely as die Seun van God? Wat beteken die oopsluit en toesluit in die praktyk? Watter rol speel dit in die ewigheid?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat saam met die belydenis van Jesus as die Seun van God kom die verantwoordelikheid van die sleutelmag van die koninkryk van God.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 16 met die tema: Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

When God Makes Things Right: A 5-Day Devotional on Nahum

When Tithing Feels Impossible: 3 Truths That Free You From Financial Guilt

Read the Bible Effectively

The Holy Spirit: God Through Us

The Creator's Battle: Winning the Inner War for Your Art

When You Are the Problem: The Courage to Look in the Mirror When Your Church Is in Crisis

Journey Through Esther

BE a PILLAR

What Is "The Way of Christ?"
