Wie Is God?Sample

Wat is die Christelike kerk? — Matteus 16:15-18
Jesus se identiteit is nou al op verskillende wyses geïdentifiseer deur die loop van die evangelie, ook as die Seun van God. Petrus se belydenis is egter ’n fundamentele standpuntinname oor Jesus. Dit is ’n dieptepunt in die evangelie en het die belydenis van die vroeër kerk beslissend beïnvloed. Jesus is nie maar net nóg ’n geneser cum demoon uitdrywer nie. Hy is die Seun van die lewende God.
Let op dat dié belydenis steeds iets is wat op God se openbaring aan Petrus berus. Maar, dan is dit ook ’n belydenis wat die fondament word van die kerk, die vergadering van die geroepenes, wat die boodskap regoor die wêreld gaan uitdra. Saam met die belydenis kom daar groot verantwoordelikheid. Mense se ewige saligheid hang van dié belydenis af.
1. Wat sou jou antwoord wees as Jesus vir jou vra: “Wie sê jy is Ek?”
2. Dink na oor hoe jy tot hierdie oortuiging gekom het. Hoe kan jy die oortuiging aangee?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van hierdie belydenis oor Jesus, dat Hy die Messias is, die Seun van die Lewende God.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Matteus 16 lees met die tema: Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
