Wie Is God?Sample

Wat is die Christelike kerk? — Efesiërs 4:11-16
Let op dat in hierdie sleutelteks oor die kerk Paulus klem lê daarop dat die genadegawes aan almal gegee is, omdat alle gelowiges één is. Sommige gelowiges is selfs gawes — die begin van ons ampsbeskouing — in terme van hulle rolle: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars. Die eerste 3 kategorieë van gawes was mense wat baie keer gereis het om die evangelie te bring (hoewel sommige evangeliste hulleself ook gevestig het [Handelinge 21:8]), en die laaste 2 was baie keer meer gevestig in ‘n spesifieke werkkring.
Maar, hulle almal het net een doel, en dit is om die liggaam van gelowiges toe te rus vir die gebruik van hulle gawes, sodat die kerk in sy doel kan slaag, om in alle opsigte te groei na Christus toe. Soos elkeen sy funksie vervul, bou die liggaam homself op in liefde.
1. Dink terug oor gelowiges wat God gebruik het om jou toe te rus. Loof die Here vir die rol wat hulle gespeel het.
2. Dink aan die gawes wat God jou gegee het. Hoe is jy besig om daardie rol te speel? Waar wil die Here jou nog gebruik?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou gebruik om sy kerk te bou.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 4 met die tema: Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
