YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 319 OF 364

Wat is die Christelike kerk? — Kolossense 1:15-20

Hierdie lied handel oor twee sake, die skepping en die herskepping.

Let op hoe God as verhewe bo die Skepping geteken word. God is dus nie deel van die Skepping nie, maar skep dit as iets wat onder sy beheer en versorging staan. Let ook op dat daar van sigbare en onsigbare wesens gepraat word, en dat dit alles deur God geskep is. Jesus het daarby ‘n besondere rol gespeel in die Skepping, in sy voor-menslike bestaan. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Jesus is nou ook die Een vir Wie die lof van die Herskepping bedoel is. Let op dat dit juis deur die kruis-evangelie is wat Jesus nou Here is van die Herskepping, dws van gelowiges wat hulle op God se versoening verlaat. Deur Hom is alles op die aarde en in die hemel met God versoen.

1. Wat beteken dit vir jou dat Jesus by die Skepping as God betrokke was?

2. Wat beteken dit vir jou dat Jesus by die Herskepping betrokke is en ons daarby betrek?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God jou inspan in die bediening van die versoening as een van die hooftake van die kerk.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 1 met die tema: Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More