Wie Is God?Sample

Vraag 42: Wat moet jy bid? — Numeri 6:23-27
1. Die Aäronitiese seën was die Here se verbintenis aan die volk dat Hy vir hulle sou sorg met die omvattende beskerming, genade en vrede van sy teenwoordigheid, wat verhoring van gebede en geloftes sou insluit. Watter impak het dit vandag nog op jou?
2. Die seën was bedoel vir die gereelde, normale gebede en aanbidding sowel as die ongereelde, abnormale situasies waarin die volk hulle van tyd tot tyd in hulle verhouding met mekaar sou bevind. In Afrikaans lui dit, meer direk vertaal, as volg:
“Die Here seën jou en beskerm jou.
Die Here se gesig skyn oor jou en Hy is jou genadig.
Die Here lig sy gesig op oor jou en Hy gee aan jou vrede.”
Johannes koppel dit aan Jesus se vrede wat Hy vir ons belowe vóór sy kruisiging (Johannes 14:27; 16:33) en ná sy opstanding (Johannes 20:19). Hy verbind elemente daarvan ook aan Jesus se wederkoms en God se teenwoordigheid in die nuwe hemel en aarde: “die Here God sal hulle verlig” (Openbaring 22:5). Dieselfde geld Paulus se Trinitariese seën in die bekende seëngroet aan die einde van sy tweede brief aan die Korinte: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees” (2 Korintiërs 13:13). Kan jy dié seën meer gereeld in jou gebede gebruik? Waarvoor en vir wie?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van hierdie Aäronitiese seën in jou en jou geloofsgemeenskap se lewe.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Numeri 6 met die tema: Die impak van geloftes aan en die seën van die Here.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
