YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 290 OF 364

Vraag 42: Wat moet jy bid? — Filippense 4:4-9

1. Daar is seker nie ‘n meer praktiese gedeelte in die Bybel oor die fokus van ‘n mens se gedagtes nie. Let op hoe ‘n fokus op blydskap en bedagsaamheid omdat die Here binnekort kom jou gebedslewe beïnvloed. Dink na oor hoe jy dit prakties kan navolg.

2. Paulus gee ses algemene dinge wat ons gedagtes moet volmaak sowel as ‘n viertal invloede vanuit sy eie lewe. Watter gedagtes is dit in jou geval? Watter invloede van Paulus het ‘n impak op jou lewe? Skryf dit neer en fokus daarop vandag.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God deur ons gebede ‘n reuse verskil aan ons gedagtewêreld maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Filippense 4 met die tema: Om saam in die Here te wees, bid en leef.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More