YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 280 OF 364

Tien gebede van Nehemia

Nehemia was ‘n man van gebed. Dit sien ons in die tien gebede van hom wat in die boek Nehemia opgeteken is. Hierdie gebede gee ons ‘n intieme kykie in die tipe verhouding met God wat nodig is om nie net sy wil te ken nie, maar inderdaad uit te voer.

Ek nooi jou uit om die hele boek Nehemia deur te lees en spesifiek op te let na die tien gebede van hom wat deur die boek versprei is (ook een van Esra):

  1. Nehemia vas en bid om ‘n helder visie (Nehemia 1:5-11)
  2. Nehemia nader die koning met ‘n skietgebed tot die Here (Nehemia 2:5)
  3. Nehemia reageer op teenstand met publieke gebed (Nehemia 4:4-5)
  4. Nehemia roep almal op tot gebed terwyl hy waaksaamheid opskerp (Nehemia 4:9)
  5. Nehemia bid dat sy werk bevestig sal word (Nehemia 5:19)
  6. Nehemia vra dat die Here sy hande sal sterk (Nehemia 6:9)
  7. Nehemia vra dat die Here die teenstand sal hanteer (Nehemia 6:14) *Esra lei die volk in gebed om aan God alleen verbind te wees (Nehemia 9-10)*
  8. Nehemia bid dat sy liefdesdiens nie verlore sal gaan nie (Nehemia 13:14)
  9. Nehemia bid vir God se ontferming met die herstel van die Sabbat (Nehemia 13:22)
  10. Nehemia tree in vir die volk en sy leiers (Nehemia 13:29-31)

Gebruik dit as inspirasie om in jou eie omgewing die Here se aangesig te soek vir die roeping wat Hy op jou hart wil lê.

Klik op hierdie skakel om my bydraes oor elkeen van hierdie gebede van Nehemia te lees:

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More