YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 278 OF 364

Vraag 40: Wat is gebed? — Jakobus 5:13-17

1. Jakobus, broer van Jesus, gee in die eerste gedeelte vir ons vier voorbeelde van gebede wat ons in die gemeenskap van gelowiges mag bid: in swaarkry, opgeruimdheid, siekte en sonde. Hoe doen julle dit in jou eie geloofsgemeenskap? Watter geleenthede is daar wat die Here wil hê dat jy moet benut?

2. In die tweede gedeelte gebruik Jakobus Elia as ‘n voorbeeld van die tipe gebed wat ons in die gemeenskap van die wêreld mag bid. Hoe dink jy daaroor? Is dit iets wat ons vandag kan bid? Wat is nodig vóór ons bid — dink aan die eerste sin? Wie antwoord — dink aan die tweede laaste sin?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou hele lewe in gebed gelewe moet word: in hartseer en blydskap, in siekte en sonde — binne die geloofsgemeenskap. Selfs vir dinge soos droogte en reën - binne die publieke gemeenskap.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Jakobus 5 met die tema: Volhard in gebed.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More