YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 277 OF 364

Vraag 40: Wat is gebed? — Efesiërs 3:14-21

1. Paulus skryf in hierdie brief aan die gelowiges in Efese oor die genade wat God vir hulle gegee het om in Hom te glo. Hy het hulle uitgekies voor die grondlegging van die aarde om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Waarom is hierdie gebed dan so belangrik?

2. Die sentrale element in hierdie gebed is aan die een kant om te groei in ervaring van die liefde van God en aan die ander kant om heeltemal met die volheid van God vervul te word. Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy saamwerk dat dit al hoe meer ‘n werklikheid vir jou sal word?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die liefde van God en die volheid waarmee Hy jou vervul.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 3 met die tema: God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en sy volheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More