YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 264 OF 364

Vraag 38: Wie is die Heilige Gees? — Handelinge 2:1-13

1. Daar is geen groter vreugde as die gawe van die vervulling met die Heilige Gees nie. Hoe ervaar jy dit?

2. Dit is die Heilige Gees wat ons laat getuig van die groot dinge wat God gedoen het. Hoe werk Hy deur jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan om in vervulling met die Heilige Gees te lewe en deur Hom gebruik te word om die boodskap van die groot dinge wat God gedoen het, te verkondig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 2 met die tema: Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More