Wie Is God?Sample

Vraag 38: Wie is die Heilige Gees? — Die belydenisskrifte
1. Lees die Apostoliese Geloofsbelydenis 8, die Geloofsbelydenis van Nicea 8, die Nederlandse Geloofsbelydenis 8 en 11, en die Heidelbergse Kategismus 53. Wat leer jy oor die Heilige Gees? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Apostoliese Geloofsbelydenis 8
Ek glo in die Heilige Gees.
Geloofsbelydenis van Nicea 8
Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.
Nederlandse Geloofsbelydenis 8, 11
GOD IS EEN IN WESE EN ONDERSKEIE IN DRIE PERSONE
Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in 'n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie. Die Vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alle sigbare en onsigbare dinge. Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag wat van die Vader en die Seun uitgaan. Nogtans volg uit hierdie onderskeiding nie dat God in drie gedeel is nie, aangesien die Heilige Skrif ons leer dat die Vader en die Seun en die Heilige Gees elkeen sy eie selfstandigheid het, deur sy eienskappe op so 'n wyse onderskei dat hierdie drie Persone slegs een enige God is. Dit is dus duidelik dat die Vader nie die Seun en die Seun nie die Vader is nie; eweneens dat die Heilige Gees nie die Vader en ook nie die Seun is nie. Nogtans is hierdie Persone, wat so onderskeie is, nie gedeel nie en ook nie onderling vermeng nie. Want die Vader en die Heilige Gees het nie vlees aangeneem nie, maar slegs die Seun. Die Vader was nooit sonder sy Seun of sy Heilige Gees nie, want al drie is van gelyke ewigheid in een en dieselfde Wese. Daar is nie 'n eerste of 'n laaste nie, want al drie is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid.
1 Korintiërs 1:24; Johannes 1:14; 1 Johannes 1:1; Openbaring 19:13; Spreuke 8:22; Kolossense 1:15; Matteus 28:19; 3:16-17; Johannes 1:14; Miga 5:1.
DIE GODHEID VAN DIE HEILIGE GEES
Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid van die Vader en die Seun uitgaan; dat Hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan; dat Hy in orde die derde Persoon in die Drie-eenheid is; dat Hy van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun is; dat Hy inderdaad ware en ewige God is, soos die Heilige Skrif ons leer.
Genesis 1:1; Hebreërs 1:3; 11:3; Johannes 1:3; Psalm 33:6; Jeremia 32:17; Maleagi 2:10; Johannes 1:3; 16:26; Psalm 104; Amos 4:13; Johannes 14:16, 26.
Heidelbergse Kategismus 53
53 Vraag: Wat glo jy van die Heilige Gees?
Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a). Ten tweede is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e).
(a) 1 Johannes 5:7; Genesis 1:2; Jesaja 48:16; 1 Korintiërs 3:16; 6:19; Handelinge 5:3, 4. (b) Galasiërs 4:6; Matteus 28:19, 20; 2 Korintiërs 1:22; Efesiërs 1:13. (c) Galasiërs 3:14;1 Petrus 1:2; 1 Korintiërs 6:17. (d) Johannes 15:26; Handelinge 9:31. (e) Johannes 14:16; 1 Petrus 4:14.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die betekenis van die Heilige Gees.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
