Wie Is God?Sample

Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? — Johannes 16:7-14
1. Ons het verlede week ook na ‘n deel van hierdie teks gekyk. Die Griekse woord Paraklêtos wat hier met Raadgewer vertaal word, kan ook met Helper vertaal word. Dit is ‘n titel vir die Heilige Gees wat sy werk verduidelik as die Een wat help, die Een wat troos, die Een wat bemoedig, die Een wat intree. Dink hieroor na. Miskien help dit jou om die werk van die Heilige Gees nog beter te verstaan.
2. Die Heilige Gees sal ons in die volle waarheid lei. Wat dink jy bedoel Jesus as Hy dit sê? Waarna verwys Hy? En hoe werk dit?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Heilige Gees jou Helper is en jou in die volle waarheid sal lei.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 16 lees met die tema: Die Heilige Gees is ons inspirasie.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
