Wie Is God?Sample

Vraag 38: Wie is die Heilige Gees?
1. Wie is die Heilige Gees?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van God. Hy is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy is ook aan my gegee sodat Hy my deur ’n ware geloof deel kan laat kry aan Christus en al sy weldade, my kan troos en ewig by my bly.
3. Lees Lukas se verduideliking van wat met Pinksterdag gebeur het in Handelinge 2:1-21. Wat tref jou?
4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.
Die Heilige Gees word uitgestort op al die gelowiges
Op Pinksterdag was al die gelowiges saam. Skielik was daar ’n geluid van ’n geweldige stormwind. Dit het die hele huis gevul. Tonge soos vuurvlamme het op elkeen van hulle gaan sit. Almal is met die Heilige Gees vervul. Soos die Gees hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat. Die ander Jode was heeltemal uit die veld geslaan. Petrus verduidelik toe vir hulle dat God se Gees uitgestort is soos die profeet Joël voorspel het. Elke mens — seuns en dogters, jongmense en oumense, mans en vroue — wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.
5. Lees die Geloofsbelydenis van Nicea 8, die Nederlandse Geloofsbelydenis 11, en die Heidelbergse Kategismus 53. Dink na oor die betekenis van die Heilige Gees.
Geloofsbelydenis van Nicea 8
Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.
Nederlandse Geloofsbelydenis 11
DIE GODHEID VAN DIE HEILIGE GEES
Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid van die Vader en die Seun uitgaan; dat Hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan; dat Hy in orde die derde Persoon in die Drie-eenheid is; dat Hy van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun is; dat Hy inderdaad ware en ewige God is, soos die Heilige Skrif ons leer.
Genesis 1:1; Hebreërs 1:3; 11:3; Johannes 1:3; Psalm 33:6; Jeremia 32:17; Maleagi 2:10; Johannes 1:3; 16:26; Psalm 104; Amos 4:13; Johannes 14:16, 26.
Heidelbergse Kategismus 53
53 Vraag: Wat glo jy van die Heilige Gees?
Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a). Ten tweede is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e).
(a) 1 Johannes 5:7; Genesis 1:2; Jesaja 48:16;1 Korintiërs 3:16; 6:19; Handelinge 5:3, 4. (b) Galasiërs 4:6; Matteus 28:19, 20; 2 Korintiërs 1:22 ; Efesiërs 1:13. (c) Galasiërs 3:14;1 Petrus 1:2; 1 Korintiërs 6:17. (d) Johannes 15:26; Handelinge 9:31. (e) Johannes 14:16;1 Petrus 4:14.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
