Wie Is God?Sample

Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam? — Die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 24, die Heidelbergse Kategismus 86-87 en 91, die Dordtse Leerreëls 5.10,12; 3-4.11. Wat leer jy oor die rol en betekenis van goeie werke en gehoorsaamheid aan die Woord van God? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Nederlandse Geloofsbelydenis 24
ONS HEILIGMAKING EN GOEIE WERKE
Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die Woord van God en deur die werking van die Heilige Gees, dat die geloof hom weergebore laat word en tot 'n nuwe mens maak, hom 'n nuwe lewe laat lei en hom van die verslawing aan die sonde bevry. Daarom is daar geen sprake van dat hierdie regverdigende geloof die mens vir 'n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie maar slegs uit liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis. Dit is daarom onmoontlik dat hierdie heilige geloof niks in die mens tot stand sou bring nie; ons praat mos nie van `n dooie geloof nie maar van wat die Skrif noem 'n geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan (Galasiërs 5:6), wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke wat God in sy Woord beveel het.
Hierdie werke is, as hulle uit die goeie wortel van die geloof voortspruit, goed en vir God welgevallig omdat hulle almal deur sy genade geheilig is. Tog geld hierdie werke nie vir ons regverdiging nie, want ons is deur die geloof in Christus geregverdig nog voordat ons goeie werke doen. Hulle sou anders mos nie goed kon wees nie, net so min as die vrug van 'n boom goed kan wees voordat die boom self goed is.
Ons doen dus goeie werke, maar nie om iets te verdien nie — wat sou ons tog kon verdien? Veeleer is ons die goeie werke wat ons doen, aan God verskuldig, terwyl Hy aan ons niks verskuldig is nie, aangesien dit Hy is wat in ons werk. Hy maak ons gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Filippense 2:13). Laat ons daarom let op wat geskrywe staan: "... wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: 'Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen'" (Lukas 17:10 AFR53). Tog wil ons nie ontken dat God die goeie werke beloon nie, maar dit is deur sy genade dat Hy sy gawe bekroon. Verder, al doen ons ook goeie werke, maak ons dit glad nie die grond van ons saligheid nie, want ons kan geen werk doen wat nie deur ons sondige natuur besmet en ook strafwaardig is nie. En al kon ons ook één goeie werk lewer, is die herinnering aan net een sonde vir God genoeg om dit te verwerp. Op hierdie manier sou ons altyd in twyfel verkeer, heen en weer geslinger sonder enige sekerheid, en ons arme gewete sou altyd gekwel word as dit nie op die verdienste van die lyding en sterwe van ons Verlosser steun nie.
Romeine 10:17; Johannes 5:26; Efesiërs 2:4; Johannes 8:36; Titus 2:12; Johannes 15; Hebreërs 11:6; 1 Timoteus 1:5; Galasiërs. 5:6; Titus 3:8; Romeine 9:32; Titus. 3:5; Matteus 7:17; Romeine 14:23; Hebreërs 11:4; Genesis 4:4; 1 Korintiërs 4:7; Filippense 3:13; Jesaja 26:12; Galasiërs 3:5; 1 Tessalonisense 2:13; Lukas 17:10; Romeine 2:6; Openbaring 2:13; 2 Johannes :8; Romeine 11:5 (6-7); (Efesiërs 2:5); Jesaja 64:6; 1 Korintiërs 3:11; Jesaja 28:26; Romeine 10:11; Habakuk 2:4.
Heidelbergse Kategismus 86-87, 91
86 Vraag: Waarom moet ons nog goeie werke doen, terwyl ons tog sonder enige verdienste van ons kant alleen uit genade deur Christus uit ons ellende verlos is?
Antwoord: Omdat Christus ons, nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met ons hele lewe bewys (a) dat ons God dankbaar is vir sy weldade en Hy deur ons geprys (b) word: Verder, sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof sekerheid kan kry. (c), en ons deur ons godvresende lewe ons naaste ook vir Christus kan wen (d).
(a) Romeine 6:13; 12:1, 2; 1 Petrus 2:5, 9; 1 Korintiërs 6:20. (b) Matteus 5:16; 1 Petrus 2:12. (c) 2 Petrus 1:10; Matteus 7:17 Galasiërs 5:6, 22. (d) 1 Petrus 3:1, 2; Romeine 14:19.
87 Vraag: Kan die mense dan nie salig word wat in hulle goddelose, ondankbare lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie?
Antwoord: Nee, glad nie. Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar, rower en sulkes die koninkryk van God sal beërwe nie (a).
(a) 1 Korintiërs 6:9, 10; Efesiërs 5:5, 6;1 Johannes 3:14.
91 Vraag: Wat is goeie werke?
Antwoord: Slegs die wat uit 'n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), tot sy eer gedoen word (c), en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie (d).
(a) Romeine 14:23. (b) Levitikus 18:4; 1 Samuel 15:22; Efesiërs 2:10. (c) 1 Korintiërs 10:31. (d) Esegiël 20:18, 19; Jesaja 29:13; Matteus 15:7-9.
Dordtse Leerreëls 5.10, 12; 3-4.11
Hoofstuk 5: DIE VOLHARDING VAN DIE HEILIGES
10. Hierdie sekerheid spruit dus nie voort uit enige besondere openbaring wat sonder of buite die Woord plaasgevind het nie, maar uit die geloof aan die beloftes van God wat Hy in sy Woord baie oorvloedig tot ons troos geopenbaar het; uit die getuienis van die Heilige Gees: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, mede-erfgename van Christus (Romeine 8:16,17), en, laastens, uit die ernstige en heilige strewe na 'n goeie gewete en goeie werke. As die uitverkorenes van God in hierdie wêreld nie hierdie vaste troos het dat hulle die oorwinning sal behou en hierdie onfeilbare pand van die ewige heerlikheid sou besit nie, dan sou hulle die ellendigste van al die mense wees.
12. Dit is egter totaal onmoontlik dat hierdie sekerheid van die volharding die ware gelowiges hoogmoedige en sorglose mense sou maak. Inteendeel, dit is 'n ware wortel waaruit die nederigheid, die kinderlike vrees, die ware vroomheid, die volharding in alle stryd, die vurige gebede, die standvastigheid onder die kruis, die standvastigheid in die belydenis van die waarheid en die standvastigheid van 'n blywende vreugde in God spruit. Ook is die oordenking van hierdie weldaad vir hulle 'n aansporing tot ernstige en aanhoudende beoefening van dankbaarheid en goeie werke, soos uit die getuienisse van die Skrif en die voorbeelde van die heiliges blyk.
Hoofstuk 3 en 4: DIE VERDORWENHEID VAN DIE MENS, SY BEKERING TOT GOD EN DIE WYSE WAAROP DIT PLAASVIND
11. Verder: wanneer God sy welbehae in die uitverkorenes tot uitvoering bring en die ware bekering in hulle werk, dan laat Hy die evangelie nie net uiterlik aan hulle verkondig nie. Hy verlig ook nie net hulle verstand kragtig deur die Heilige Gees, sodat hulle die dinge van die Gees van God reg verstaan en onderskei nie. Maar deur die kragtige werking van dieselfde Gees, wat die wedergeboorte skenk, dring Hy ook deur tot in die binneste dele van die mens, open Hy die geslote hart, versag Hy wat hard is en besny Hy wat onbesnede is. In die wil stort Hy nuwe eienskappe in en maak die wil, wat dood was, lewend; wat sleg was, goed; wat onwillig was, gewillig en wat ongehoorsaam was, gehoorsaam. Hy beweeg en versterk die wil sodat dit, soos 'n goeie boom, vrugte van goeie werke kan dra.
Westminster Geloofsbelydenis 15-16, 20
Hoofstuk 15
Bekering wat tot lewe lei
1. Bekering wat tot lewe lei is die geseënde produk van die evangelie wat in gelowiges se lewens werk.1 Saam met die geloofsleer in Christus is dit 'n leerstelling wat deur elke bedienaar van die evangelie verkondig moet word. 2
1. Sagaria 12.10, Handelinge 11.18.
2. Lukas 24.47, Markus 1.15, Handelinge 20.21.
2. In hierdie bekering is die sondaar in staat om sy sondes te sien soos God dit sien, as vuil en haatlik, en as wat groot gevaar vir die sondaar inhou, omdat dit heeltemal in stryd is met die heilige natuur en regverdige wet van God. As die sondaar verstaan dat God in Christus genadig is vir diegene wat berou het, ly die sondaar diep droefheid oor en haat hy sy sondes, en daarom besluit hy om van almal af weg te draai. En hy draai na God, 3 probeer hy saam met hom wandel volgens al sy gebooie. 4
3. Esra 18.30-31, 36.31, Jesaja 30.22, Psalm 51.4, Jeremia 31.18-19, Joël 2.12-13, Amos 5.15, Psalm 119.128, 2 Korintiërs 7.11.
4. Psalm 119.6,59.106, Lukas 1.6, 2 Konings 23.25, Johannes 14.23, Matteus 21.28-29.
3. Alhoewel bekering nie enige bevrediging vir sonde is nie en nie die vergifnis van sondes veroorsaak nie 5 (aangesien vergifnis 'n daad van God se vrywillige genade in Christus 6 is), is dit tog nodig vir alle sondaars, en niemand mag verwag om vergewe te word daarsonder nie. 7
5. Esra 36.31-32, 16.61-63, Titus 3.5, Handelinge 5.31.
6. Hosea 14.2,4, Romeine 3.24, Efesiërs 1.7.
7. Lukas 13.3,5, Handelinge 17.30-31.
4. Net soos daar geen sonde is wat so klein is dat dit nie veroordeling verdien nie, 8 so is daar geen sonde so groot dat dit verdoemenis kan bring oor diegene wat hulle waarlik bekeer nie. 9
8. Romeine 6.23, 5.12, Matteus 12.36, Jakobus 2.10.
9. Jesaja 55.7, Romeine 8.1, Jesaja 1.16,18.
5. Gelowiges moet nie met algemene bekering tevrede wees nie. Dit is eerder elkeen se plig om individueel te probeer bekeer van elke individuele sonde.10
10. Psalm 19.13, Lukas 19.8, 1 Timoteus 1.13,15, Daniël 9, Nehemia 9.
6. Elkeen is ook verplig om sy sondes privaat aan God te bely en om vergifnis daarvoor te bid. 11 Belydenis, gebed om vergifnis en die nalaat van sondes wat vergewe is, sal God se genade vind. 12 Net so sal elkeen wat teen sy geestelike broer of die kerk sondig, bereid moet wees om privaat of in die openbaar te bely om droefheid oor sy sonde te toon, en openlik sy bekering te verklaar aan diegene wat hy seergemaak het. 13 Hulle moet op hul beurt met hom versoen word en hom in liefde ontvang. 14
11. Psalm 51.4-5,7,9,14, 32.5-6.
12. Spreuke 28,13, 1 Johannes 1,9.
13. Jakobus 5.16, Lukas 17.3-4, Josua 7.19, Psalm 51.
14. 2 Korintiërs 2.7-8, Galasiërs 6.1-2.
Hoofstuk 16 Goeie werke
1. Goeie werke is slegs daardie werke wat deur God as goed geïdentifiseer en deur Hom in sy heilige Woord beveel is. 1 Dit sluit nie ander werke in nie, maak nie saak hoe goed bedoel in ontwerp of ywerig dit deur mense bevorder word nie. 2
1. Miga 6.8, Romeine 12.2, Hebreërs 13.21, Deuteronomium 12.32, Psalm 119.9, Matteus 28.20, Lukas 10.25-26, 2 Petrus 1.19.
2. Matteus 15.9, Jesaja 29.13, 1 Petrus 1.18, Romeine 10.2, Johannes 16.2, 1 Samuel 15.21-23, Kolossense 2.16-17, 20-23, Deuteronomium 10.12-13.
2. Hierdie goeie werke, gedoen in gehoorsaamheid aan God se gebooie, is die vrug en bewys van 'n ware en lewende geloof. 3 Daardeur toon gelowiges hulle dankbaarheid, 4 versterk hulle versekering van redding, 5 bou hulle broers in die Here op, 6 en word voorbeelde van almal wat die evangelie bely. 7 Goeie werke in gelowiges maak die kritiek van die vyande van die evangelie stil. 8 Hulle verheerlik ook God 9 deur te wys dat gelowiges die vakmanskap en skepping van Jesus Christus is, 10 want hulle doel is daardie heiligheid van lewe wat lei tot die ewige lewe. 11
3. Jakobus 2:18,22.
4. Psalm 116.12-13, 1 Petrus 2.9, Kolossense 3.17, 1 Kronieke 29.6-9.
5. 1 Johannes 2.3,5, 2 Petrus 1.5-10.
6. 2 Korintiërs 9.2, Matteus 5.16, 1 Timoteus 4.12.
7. Titus 2.5,9-12, 1 Timoteus 6.1.
8. 1 Petrus 2.15.
9. 1 Petrus 2.12, Filippense 1.11, Johannes 15.8.
10. Efesiërs 2.10.
11. Romeine 6.22.
3. Gelowiges kry die vermoë om goeie werke te doen geheel en al uit die Gees van Christus. 12 Benewens die ander besondere effekte van God se genade wat reeds ontvang is, moet gelowiges deur die Heilige Gees gelei word om te wil en te doen wat God behaag. 13 Hulle moet dus nie geestelik lui word en wag vir een of ander spesiale leiding van die Gees voordat hulle iets doen wat God beveel het nie. Hulle moet eerder ywerig probeer identifiseer watter goeie werke God in sy Woord beveel het en dan hul bes probeer om dit almal te doen, en ernstig en daagliks bid vir die bemagtiging en moontlik making van die Heilige Gees, wat in hulle woon. 14
12. Johannes 15,4-6, Esra 36,26-27, Lukas 11,13.
13. Filippense 2.13, 4.13, 2 Korintiërs 3.5, Efesiërs 3.16.
14. Filippense 2.12, Hebreërs 6.11-12, 2 Petrus 1.3,5,10-11, Jesaja 64.7, 2 Timoteus 1.6, Handelinge 26.6-7, Judas 20-21.
4. Daardie gelowiges wat die beste doen wat gedoen kan word om God in hierdie lewe te gehoorsaam, kan nooit meer of selfs soveel doen as wat Hy vereis nie. Inderdaad skiet hulle tekort aan baie wat hulle verplig is om te doen. 15
15. Lukas 17.10, Nehemia 13.22, Job 9.2-3, Galasiërs 5.17.
Hoofstuk 20
Christelike vryheid en gewetensvryheid
1. Christus het vir gelowiges onder die evangelie vryheid gekoop van die sondeskuld, van die veroordelende toorn van God en van die vloek van die morele wet. 1 Hy het hulle ook bevry van die bose wêreld waarin ons leef, van slawerny aan die Satan, uit die heerskappy van sonde, 2 die boosheid van beproewinge, die angel van die dood, die oorwinning van die graf en uit die ewige verdoemenis. 3 In Christus het gelowiges vrye toegang tot God 4 en kan hulle Hom gehoorsaam, nie uit slaafse vrees nie, maar met 'n kinderlike liefde en 'n gewillige verstand. 5 Al hierdie vryhede is ook deur gelowiges onder die wet gehou. 6 Onder die Nuwe Testament is die vryheid van Christene egter uitgebrei om vryheid van die juk van die seremoniële wet in te sluit, waartoe die Joodse kerk onderwerp is. 7 Christene het ook groter vrymoedigheid van toegang tot die troon van genade 8 en 'n voller gawe van die Gees van God as wat gelowiges gewoonlik onder die wet gehad het. 9
1. Titus 2.14, 1 Tessalonisense 1.10, Galasiërs 3.13, Romeine 8.1.
2. Galasiërs 1.4, Kolossense 1.13, Handelinge 26.18, Romeine 6.14, 1 Johannes 1.7.
3. Romeine 8.28, Psalm 119.71, 1 Korintiërs 15.54-57, Romeine 8.1.
4. Romeine 5.1-2, Efesiërs 2.18, 3.12, Hebreërs 10.19.
5. Romeine 8.14-15, 1 Johannes 4.18, Efesiërs 2.18, Galasiërs 4.6, Hebreërs 10.19.
6. Galasiërs 3.9, 14; sien aanhalings onder Hoofstuk 8, Afdeling 6.
7. Galasiërs 4.1-3, 6-7, 5.1, Handelinge 15.10-11.
8. Hebreërs 4.14,16, 10.19-22.
9. Johannes 7.38-39, 2 Korintiërs 3.13, 17-18, Romeine 5.5.
2. God alleen is Here van die gewete en het dit vry gemaak van die leerstellings en gebooie van mense wat op enige manier in stryd is met of verskil van sy Woord in sake van geloof of aanbidding.10 En so, deur enige sulke leringe te glo of enige sulke gebooie van mense te gehoorsaam ter wille van die gewete, verraai eintlik ware vryheid van gewete. 11 Deur implisiete of absolute, blinde gehoorsaamheid te vereis vernietig ook vryheid van gewete sowel as die vrye gebruik van rede. 12
10. Jakobus 4.12, Romeine 14.4,10, Handelinge 4.19, 5.29, 1 Korintiërs 7.23, Matteus 23.8-10, 2 Korintiërs 1.24, Matteus 15.9.
11. Kolossense 2.20-23, Galasiërs 1.10, 5.1, 2.3-5, Psalm 5.1, Galasiërs 4.9-10.
12. Romeine 10.17, 14.23, Jesaja 8.20, Handelinge 17.11, Johannes 4.22, Hosea 5.11, Openbaring 13.12,16-17, Jeremia 8.9, 1 Petrus 3.15.
3. Diegene wat enige sonde beoefen of enige sondige begeerte koester onder die voorwendsel van Christelike vryheid vernietig die hele doel van Christelike vryheid, wat is dat ons, nadat ons uit die hande van ons vyande gered is, die Here sonder vrees kan dien en in heiligheid en geregtigheid voor Hom al die dae van ons lewe. 13
13. Galasiërs 5.13, 1 Petrus 2.16, 2 Petrus 2.19, Johannes 8.34, Lukas 1.74-75, Romeine 6.15,2 Petrus 3.15.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die rol van goeie werke en gehoorsaamheid aan die Woord van God.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
