YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 241 OF 364

Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam? — 1 Petrus 2:11-12

1. Goeie werke is nie net belangrik ter wille van jou getuienis teenoor God in die oordeelsdag nie (Romeine 2), maar net so belangrik as getuienis teenoor nie-Christene (1 Petrus 2). Hoekom is dit só belangrik?

2. Wat bedoel Petrus as hy waarsku teen jou natuurlike neigings? Hoekom verwoes dit ‘n mens se lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God rekenskap van almal sal vra en dat jou voorbeeldige lewe ‘n verskil vir jou en vir ander kan maak.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Petrus 2 met die tema: Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More