YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 240 OF 364

Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam? — Romeine 2:2-11

1. Paulus verwys hier nie net na diegene wat die sondige praktyke van Romeine 1 doen en goedkeur nie. Sy argument is dat alle mense sondig is en voor die regterstoel van God sal verskyn. God sal almal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Hoe laat hierdie oordeel jou voel?

2. Dit is duidelik dat dit net mense is wat tot inkeer kom wat by die oordeel die ewige lewe sal beërwe. Hoekom is goeie werke dan nog so belangrik?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat God jou hart verander het om te volhard in goeie werke.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 2 lees met die tema: Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More