Wie Is God?Sample

Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam?
1. Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Ja, só wys ek vir almal dat God goed is. Hy maak my sterk in elke goeie woord en daad. Jesus Christus vernuwe my deur sy Heilige Gees om in liefde en dankbaarheid teenoor God te lewe sodat ek sekerheid kan kry deur die vrug van gehoorsaamheid in my lewe en om deur my goeie werke ander te wen vir Christus.
3. Lees Jesus se verduideliking waarom goeie werke nog steeds noodsaaklik is in Matteus 5:13-20. Wat tref jou?
4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.
Julle is die sout van die aarde wat die aarde ’n beter plek moet maak
Jesus sê ons is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Ons is die lig wat die wêreld moet verlig. Ons voorbeeldige lewe moet soos ’n helder lig uitstraal. Dan sal die mense dit sien en ons hemelse Vader daarvoor prys! Jesus het nie gekom om ’n streep deur die wet te trek nie. Hy het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom. Al sou die hemel en aarde ophou bestaan, sal die wet definitief tot in sy fynste detail geldig bly totdat God se bedoeling daarmee bereik is.
5. Lees die Heidelbergse Kategismus 86-87,91. Dink na oor die betekenis en rol wat goeie werke speel.
86 Vraag: Waarom moet ons nog goeie werke doen, terwyl ons tog sonder enige verdienste van ons kant alleen uit genade deur Christus uit ons ellende verlos is?
Antwoord: Omdat Christus ons, nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met ons hele lewe bewys (a) dat ons God dankbaar is vir sy weldade en Hy deur ons geprys (b) word: Verder, sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof sekerheid kan kry. (c), en ons deur ons godvresende lewe ons naaste ook vir Christus kan wen (d).
(a) Romeine 6:13; 12:1, 2; 1 Petrus 2:5, 9; 1 Korintiërs 6:20. (b) Matteus 5:16; 1 Petrus 2:12. (c) 2 Petrus 1:10; Matteus 7:17 Galasiërs 5:6, 22. (d) 1 Petrus 3:1, 2; Romeine 14:19.
87 Vraag: Kan die mense dan nie salig word wat in hulle goddelose, ondankbare lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie?
Antwoord: Nee, glad nie. Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar, rower en sulkes die koninkryk van God sal beërwe nie (a).
(a) 1 Korintiërs 6:9, 10; Efesiërs 5:5, 6;1 Johannes 3:14.
91 Vraag: Wat is goeie werke?
Antwoord: Slegs die wat uit 'n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), tot sy eer gedoen word (c), en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie (d).
(a) Romeine 14:23. (b) Levitikus 18:4; 1 Samuel 15:22; Efesiërs 2:10. (c) 1 Korintiërs 10:31. (d) Esegiël 20:18, 19; Jesaja 29:13; Matteus 15:7-9.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
