YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 222 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? — Openbaring 21:1-8

1. God skep hemel op aarde vir sy kinders. Dink na oor elke aspek van hierdie geskenk aan jou en aanbid die Here daarvoor.

2. Let op dat hierdie belofte gegee word aan “die een wat aanhou oorwin.” God se kinders is erfgename van al hierdie dinge, maar die tweede dood wag vir dié wat vasgeval bly in hulle sondes. Hoe kan jy seker maak dat jy “aanhou oorwin”?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die nuwe hemel en nuwe aarde wat God vir sy kinders voor berei. Jesus sal weer kom om jou daarin te laat deel.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Openbaring 21 met die tema: God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More