YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 194 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? — Hebreërs 2:14-18

1. Met Jesus se vereenselwiging en solidariteit met die mense wat Hy verlos, kon Hy deur sy dood die duiwel se mag oor gelowiges — deur die dood — breek. Hy kon hulle vrymaak van die vrees vir die dood. Wat beteken hierdie vryheid vir jou?

2. Deur Jesus se menswording het Hy as die Seun van God nie net die Leidsman van die gelowiges geword om hulle te verlos nie, maar ook die barmhartige en getroue Hoëpriester wat volkome vir hulle sondes versoening kon doen, en hulle kan help wanneer hulle in versoeking kom om van Hom af weg te dwaal. Wat beteken hierdie hulp vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid van die vrees vir die dood wat Jesus bring en sy hulp in versoeking. Hy weet presies waardeur jy gaan en kan jou daardeur help.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Hebreërs 2 met die tema: Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More