YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 193 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? — Galasiërs 4:3-5

1. Paulus kontrasteer hier ‘n lewe as ‘n slaaf met dié van ‘n kind. ‘n Slaaf is uitgelewer aan die magte van die wêreld. Dit is sondige leringe en praktyke wat jou van God af weghou. Wat is daar in jou lewe wat jou verbintenis met God belemmer, en jou ‘n slaaf van die wêreld maak?

2. Selfs die wet kan jou nie vrymaak om God waarlik te ken as kind nie. Want die wet beboet elke sonde met die dood. Net God se Seun wat as mens gebore is, kan jou vrymaak van jou skuld, sodat jy deur geloof in Hom ‘n kind van God kan word. Het jy al die vryheid van kindskap ten volle beleef? Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om in ‘n hegte verhouding met jou Vader te leef. Dit is waarom Jesus jou vrygemaak het van jou sonde en skuld. Sodat jy in God se teenwoordigheid kan floreer.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 4 met die tema: Dié wat glo, is kinders van Abraham.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More